Local newsLocal sportNewsSchools

Laerskool Kalie de Haas spog met atletiek-uitblinkers

Skool se atlete verbeter verskeie rekords.

Laerskool Kalie de Haas het hul atletiekseisoen afgeskop en talle leerders het reeds rekords verbeter. David Botes het die skyfwerp seuns o12-rekord van 23.75m na 24.42m verbeter tydens Kalies se vriendskaplike atletiekbyeenkoms.

Die vorige rekord was in 2008 gestel.

Jacey Moll het tydends Kalies se interhuisatletiekbyeenkoms die dogters o12skyfwerprekord vanaf 24.4m na 28.48m verbeter.

Hierdie rekord was in 2009 opgestel.

Sy het haar eie rekord tydens die vriendskaplike atletiekbyeenkoms verbeter na 29.41m.



Johan le Roux het die gewigstoot seuns o10-rekord verbeter by Kalies se vriendskaplike atletiekbyeenkoms. Die ou rekord was 6.97m en hy het dit na 8.11m verbeter.

Erik Wepener het die vorige rekord vir seuns hoogspring o13 verbeter vanaf 1.48m na1.52m tydens Kalies se vriendskaplike atletiekbyeenkoms.

Ané Greaves het die dogters se hoogspring o11-rekord wat sedert 1987 gestaan het, verbeter van 1.27m na 1.28m.

Joshua Wessels is tydends die interhuis aangewys as die junior victor ludorum en Erik Wepener as die senior victor ludorum.

Ané Greaves is aangewys as senior victrix ludorum en Wilandri Viljoen as die junior victrix ludorum.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button