Local newsNews
Bejaardes geniet skool se optrede op Trichardt
Aftree-oord se personeel geniet ook oggend en dans saam.
Leerders van Marietjie Skool en pastoor Martin Knoetze van die Lewende Woord-gemeente, het die inwoners van Terra Nova Aftree-oord op 3 Februarie besoek.
Marietjie Skool se dowe-klas het inwoners vermaak met ’n liedjie terwyl pastoor Knoetze kitaar gespeel en saamgesing het.
Die personeel van die aftree-oord het ook die oggend geniet en saamgedans op een liedjie. Die leerders en personeel van Marietjie Skool het die bejaardes bederf met ’n sjokolade.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





