Local newsLocal sportNews

Gholfspelers slaan op Standerton af vir liefdadigheid

Aldo Arnaldi het die Standerton Biker Angels se gholfdag ten bate van die Vrede Kinderhuis gewen.

Die Standerton Biker Angels het op 14 Februarie ’n gholfdag by die Standerton Buiteklub gehou, waar 69 gholfspelers vergader het om geld in te samel vir die Vrede Kinderhuis.

Die spelers het hierdie IPS formaat dag getakel met liefde en goedhartigheid. Aldo Arnaldi het die bal in die kol geslaan by hierdie gholfdag. Hy het 46 punte op sy telkaart ingevul.

Marco da Costa het 44 punte bymekaargemaak. Alanda Vienings het 42 punte tydens die spel verkry.

Anel Botha het 40 met 40 punte huistoe gekeer. Jason Write het 39 punte verkry tydens die spel. Janneman Kotze, Attie Mouton, Deon Grimsell en Johan Griesel het elkeen 38 punte op hul telkaarte ingevul.

Jabbies Lotz, Marius van Wyk en Desmond Visser het elk 37 punte bymekaar gemaak. Deon Grimsell het die prys gewen vir naaste aan die pen.

Patrizia Lombard het die langste dryf onder die vroue behaal. Lourens Eksteen het die langste dryf onder die mans geslaan.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button