LifestyleLocal newsNews

SHS hou musiekfees

Kaartjies is by die hekke beskikbaar teen R200 per volwassene en R150 vir laerskool- en hoërskoolleerders.

Hoërskool Standerton gaan op 27 Februarie die Oppi Platteland musiekfees vier, waar talle kunstenaars die verhoog sal betree om Standerton te vermaak.

Kaartjies sal by die finansieskantoor en by die hekke beskikbaar wees teen R200 per volwassene en R150 vir laerskool- en hoërskoolleerders.

Die hekke sal om 14:00 oop wees en die eerste optrede deur Natassja Kriel begin om 15:00.

Plaaslike sanger en liedjieskrywer Tamryn Archer sal om 15:30 die verhoog betree, gevolg deur optredes van Jay, Barto Swiegers en Karlien van Jaarsveld.

Early B sal die aand afsluit en van 20:45 af tot laat saam met die gehoor kuier. Talle stalletjies sal beskikbaar wees om feesgangers se aandag te trek.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button