Local newsNews
Bloedskenkers van Secunda behaal mylpale
Besoek die bloeddiens-takke op Secunda, Bethal of Sasol en skenk bloed.
Skenkers by die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) se tak op Sasol, het mylpale in Maart behaal.
Pieter Claassen, Marius Veldman en Brian Morgan het al drie in Maart hul 100ste eenheid bloed geskenk terwyl Minenhle Bhengu sy 50ste eenheid bloed geskenk het.
Die gemeenskap is welkom om die bloeddiens te ondersteun en ’n skenker te word.
Die bloeddiens op Secunda is geleë in Horwoodstraat en belangstellendes kan gedurende kantoorure gaan skenk.
Vir meer inligting, skakel die bloeddiens by 017 631 1652.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





