Groep van Secunda samel nou nagklere in vir kinders
Elke kind kry ’n kombersie vir die winter.
’n Groep weldoeners, onder leiding van die plaaslike fotograaf Idalet Maritz, het op 24 Mei uitgereik na die kinders by die Kosmos Kriel Kinderhuis en komberse asook lekkernye vir die kinders uitgedeel.
Sy het ook bederfsakkies aan die huismoeders geskenk.
Maritz het al die ondernemings en die gemeenskap van Secunda vir hul bydrae en ondersteuning bedank.
Maritz en haar groep het ook reeds genoeg geld en items ingesamel vir ’n jong meisie wat die kinderhuis verlaat om te gaan studeer, om haar wendyhuis waar sy gaan woon, toe te rus.
Dié groep se volgende projek is om wintersnagklere vir die kinders bymekaar te maak.
As jy ’n bydrae, in die vorm van ’n nuwe stel nagklere of geld, wil maak, skakel Maritz by 076 645 4305.



