CrimeStreeknuus

Sundra Bulldogs Buurtwag maak groot dagga vonds

Die dagga het 636.40kg geweeg met ’n geskatte waarde van sowat R2.5m.

Miljoene rande se dagga is in die week op Sundra vernietig.

Die Sundra Bulldogs het dié groot deurbraak gemaak toe hulle op 21 Januarie op dagga ter waarde van R2.5m beslag gelê het.

Volgens kaptein Linky Olckers, bevelvoerder van Sundra SAPD, het die Bulldogs inligting ontvang omtrent ’n verdagte persoon op die erf van een van die buurtwaglede.

By nadere ondersoek is die verdagte opgemerk. Hy het oor die heining gespring, met die buurtwaglede agterna.

Die Sundra Bulldogs se groot daggavonds van 636.40kg is na die Sundra polisie onderweg.

Buurtwaglede se soektog het hulle na ’n nabygeleë half-geboude huis gelei, maar die betreder was nêrens te vind nie.

Wat die lede wél in een van die huis se kamers gevind het, was verdagte toegedraaide pakkies. By verdere ondersoek kon daar bevestig word dit is dagga.

Daar is ook op ’n selfoon en ’n paspoort van ’n burger van Swaziland beslag gelê.

Die dagga het 636.40kg geweeg met ’n geskatte waarde van sowat R2.5m.

Dagga ter waarde van R2.5m word deur die polisie vernietig.

Al die items waarop beslag gelê was, is by die Sundra polisie ingeboek.

“Die ondersoek na die vonds duur voort,” het Olckers laat hoor.

Sy het Derek Bester, voorsitter van die Sundra Bulldogs en sy lede vir hulle onbaatsugtige diens en bystand in die stryd teen die bekamping van misdaad in die Sundra omgewing bedank.

Teen druktyd het Olckers Streeknuus meegedeel dat die dagga vonds op 27 Januarie vernietig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button