Crime

Secunda-man skiet glo per abuis mede-werker in kop

Hof stel saak uit na 7 Mei.

Ryno Vermaak (32) het op 9 April in die Secunda Landdroshof verskyn in verband met die skietdood van ’n werker.

Na wat verneem word, is Vermaak op 7 April in hegtenis geneem nadat ’n man by ’n konstruksieterrein waar beide gewerk het, in die kop geskiet is.

Volgens die polisie se skakelbeampte, konstabel Busi Mthethwa, het Vermaak gesê hy het sy vuurwapen se veiligheidsmeganisme aangesit en toe het daar per ongeluk ’n skoot afgegaan.

“’n Man wat saam met hulle gewerk het, het getuig dat Vermaak en die oorledene gespeel het en met mekaar gestoei het,” het Mthethwa gesê.

Dié man het egter toe na die anderkant van die huis geloop en die skoot gehoor terwyl hy aan die ander kant van die huis was.

Volgens sy verklaring, het hy hom na die kant van die huis waar Vermaak en die ander werker was, gehaas en die oorledene op die grond sien lê.

Vermaak is vrygelaat op borgtog van R2 000 en hy verskyn op 7 Mei weer in die hof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button