CrimeMunicipalStreeknuus

Oud-speaker van Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit bring weer tyd agter tralies deur

Die aanklagtes spruit voort uit vorige klagtes waarvan die ondersoek nog nie afgehandel is nie.

As die speaker van die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit (VKLM), was Robert Khaya Segone bekend vir sy flambojante leefstyl en span intimiderende lyfwagte wat hom oral waar hy beweeg het, vergesel het.

Hy is egter verlede week weer een op in hegtenis geneem.

Die polisie het op 24 Augustus vir Segone saam met drie medebeskuldigdes, Mxolisi Thudi, Jabulani Mashoo en Sbusiso Ntuli inhegtenis geneem.

Volgens ’n mediaverklaring deur kapt Carla Hartley, mediawoordvoerder vir die Delmas Polisie, is daar onder meer twee klagtes van poging tot moord waarvan een ook met roof met verswarende

omstandighede en opsetlike saakbeskadiging saamloop teen Segone aanhangig gemaak.

Die vier het op dieselfde dag in die Delmas Streekhof verskyn en Segone moes die nag in die Modderbee-gevangenis deurbring voor hy op Donderdag, 25 Augustus, om borgtog kon aansoek doen..

Die aanklagtes spruit voort uit vorige klagtes waarvan die ondersoek nog nie afgehandel is nie.

Daar is toe besluit dat daar genoeg gronde was om die beskuldigdes, waaronder Segone, aan te kla.

Segone was ook op 26 Oktober 2020, toe hy nog die speaker van VKLM was, in hegtenis geneem op ’n string klagtes waaronder die oortreding van die Wet op Springstowwe en regulasies, Wet 26 van 1956, roof met verswarende omstandighede, crimen injuria, diefstal, aanranding met die opset om ernstig te beseer en vele meer. (Streeknuus, 29 Oktober 2020)

Na drie weke agter tralies en verskeie hofverskynings, is Segone op 27 November 2020 op R50 000 vrygelaat en het hy destyds weer sy plek as die speaker van VKLM ingeneem.

Tydens ’n spesiale raadsitting op 14 April 2021, was Segone egter met onmiddellike effek as speaker uit die raad verwyder. (Streeknuus, 14 April).

Intussen het die Demokratiese Alliansie ook in ’n brief aan Mpumalanga Polisiekommissaris, luit.-gen. Semakaleng Manamela gevra dat Segone onmiddellike inhegtenis geneem word.

Dit het gevolg nadat die hooggeregshof Segone se aanvanklike borgaansoek gedurende Januarie 2021 omgekeer het, en gevra het dat hy in aanhouding moet bly tot en met sy verhoor.

’n Lasbrief vir sy inhegtenisname was toe uitgereik.

Segone het egter voortgebeur en weer sy pad tot binne in VKLM gevind, waar hy nou ’n raadslid vir die nuut gestigte AVVP-party is.

Teen druktyd kon die presiese voorwaardes op die nuutste klagtes nie bevestig word nie, maar Segone loop weer vry na hy op borgtog van R2 000 vrygelaat is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button