Local newsStreeknuus

Delmas VLU-vroue leer van droomwêreld-borduur

Na afloop van die klas het die lede die oggend weer rondom die teetafel afgesluit met die varsheid en geur van heuning en gemmer, hul produkte van die jaar.

Die vroue van die Delmas VLU-tak se Julie-vergadering het vir groot afwagting gesorg.

Die rede vir die opgewondenheid was die vooruitsigte van vryehand-boorduurtegniek wat aan die lede gedemonstreer sou word.

Die VLU-groep het op Dinsdag, 19 Julie oudergewoonte by die Hervormde Kerk op Delmas bymekaargekom.

“Ons kon nie wag vir die formele verrigtinge rondom die vergadering om op ’n einde te kom nie,” het Magriet Swart, skakelbeampte laat hoor.

In die agtergrond het die naaldwerkmasjiene glo behoorlik gestaan en luier.

Rista van der Schyff en haar student, Ria Erasmus het van Benoni kom kuier om die klas in vryehand-masjienboorduurwerk vir die lede te kom aanbied.

Hier is ’n groep voue van Brakpan wat kom saam borduur het. Hulle is Hester Vorster, Myra Smith, Irma du Plessis en Ina Troskie.

Die eerste element van sukses is om die materiaal waarop die borduurwerk gedoen word, stewig in ’n raampie te span, en om die korrekte voetjie aan die masjien te sit.

Die kenners het verder aanbeveel dat dit raadsaam sou wees om die prentjie vooraf reeds op die materiaal te teken.

Die steek wat gebruik word, is of die sig-sag of die reguitsteek, en die prentjie se bokant bly altyd bo.

Sodoende kan al die borduurwerk wat gewoonlik met die hand gedoen word, ook met die masjien uitgevoer word, soos die kort-en-lanksteke.

“’n Mens moet dan steeds met die hand die lappie beweeg om die borduurwerk uit te voer. Namate die vaardigheid verbeter, kan ’n mens selfs losstaande blaartjies of vlerkies borduur,” het Swart verduidelik.

Teen die einde van die klassie, het Delmas se VLU-vroue met oor meer wysheid en insig rondom die tegniek beskik.

Van der Schyff bied ook klasse vanaf haar huis aan.

Marié Terblanché, Belinda Duvenage,Margaret Bezuidenhout en Ansie van Zyl kyk toe terwyl Rista van der Schyff borduurwerk met ’n naaldwerkmasjien demonstreer.

Enige navrae kan aan Marié Terblanché, Delmas-takvoorsitter by 083 968 2203, gerig word.

“Of beter nog, kom woon ’n vergadering by. Ons vergader elke derde Dinsdagoggend van die maand by die Hervormde Kerksaal.

“Alle vroue is welkom,” het Swart bygevoeg.

Ná die klas, het die lede die oggend weer rondom die teetafel afgesluit met die varsheid en geur van heuning en gemmer, hul produkte van die jaar.

Dit was geniet saam met plaatkoekies, gemmerkoek en -brood en gemmerbier.

Rondom die gesellige tafel was daar ook weer resepte uitgeruil.

“Op dié manier word ons resepteboekies sinvol aangevul.”

Rista van der Schyff by een van haar vryborduurstukke.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button