Hengelaars trek 654 vis by Grootdraaidam uit
Die vis van die dag het aan die swaarste sak geelvis gegaan.
Tydens Meyerville Hengelklub se onlangse kompetisie, het 68 hengelaars waarvan 19 besoekers, 654 vis by Grootdraaidam vasgekap.
Die totale gewig van die vis was 294.640kg. Die vis van die dag het aan die swaarste sak geelvis gegaan.
Danie Human het koning in die meestersafdeling gekraai met 35 vis met ’n gewig van 14.640kg, gevolg deur Dougie Douglas met 15 vis met ’n gewig van 5.720kg en Jan Nortjé met 13 vis met ’n gewig van 5.960kg.
Pikkie Gleeson het die vis van die dag gevang.
Danny Bosman was onoorwonne in die senior afdeling met 30 vis met ’n gewig van 12.240kg, terwyl Jurie Moolman tweede was met 27 vis met ’n gewig van 10.700kg en Peter Munro derde met 25 vis met ’n gewig van 10.060kg.
Graeme Douglas het die vis van die dag ingeweeg.
LEES OOK: Cricket teams in the Govan Mbeki municipal area compete over weekend
Lititia van der Merwe het in die vroue afdeling geseëvier met 31 vis met ’n gewig van 13.720kg, gevolg deur Iline Schonken met 18 vis met ’n gewig van 7.460kg en Louisa Nel met 13 vis met ’n gewig van 6.960g.
Van der Merwe het die vis van die dag gevang.
Ty Mortlock het eerste in die juniorafdeling geëindig met agt vis met ’n gewig van 3.200kg, terwyl RJ Zurser tweede was met vyf vis met ’n gewig van 3.540kg en Sihan Fourie derde met vier vis met ’n gewig van 1.540kg.
RJ en Sihan het die vis van die dag inkatrol.
Kaylie van Vuuren was eerste in die penkopafdeling met 21 vis met ’n gewig van 9.460kg, gevolg deur Sion Nel met 13 vis met ’n gewig van 5.880kg en Willie Hermann met twee vis met ’n gewig van 0.960kg.
Kaylie het die vis van die dag ingeweeg.




