Local newsLocal sport

51 hengelaars maak lyn nat by Grootdraaidam

Altesaam 559 vis met ’n gewig van 293.500kg is ingeweeg.

Meyerville Hengelklub se onlangse naweekkompetisie het 51 hengelaars, waarvan 12 besoekers, na Grootdraaidam gelok.

Die vis van die dag het aan die swaarste sak vis gegaan en altesaam 559 vis, met ’n gewig van 293.500kg, is ingeweeg.

Dougie Douglas het eerste in die meestersafdeling geëindig met 31 vis van 14.100kg, gevolg deur Pikkie Gleeson met sewe vis van 5.420kg en Koos Nel met sewe vis van 4.360kg.

Douglas het die vis van die dag aan wal gebring.

Jurie Moolman was onoorwonne in die seniorafdeling met 54 vis van 31.720kg, terwyl Graeme Douglas tweede was met 39 vis van 20.120kg en Hardus van der Merwe derde met 34 vis van 21.520kg.

Moolman het die vis van die dag inkatrol.

Issa Pretorius het die vroue-afdeling verower met 20 vis van 9.220kg, gevolg deur Letitia van der Merwe met 20 vis van 7.360kg en Louisa Nel met 16 vis van 7.520g.

Pretorius het die vis van die dag vasgekap.

Ruan van Zyl was eerste in die juniorafdeling met 22 vis van 12.330kg, terwyl Luanco de Beer tweede was met vier vis van 2.400kg en Ty Mortlock derde met drie vis van 2.300kg.

Ruan het die vis van die dag gevang.

Sion Nel het die penkopafdeling gewen met 11 vis van 4.440kg, gevolg deur Taylor Draper met vyf vis van 2.160kg en Elizna Rabie met vyf vis van 2.080kg.

Sion het die vis van die dag ingeweeg.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button