Nadia Stückler van Standerton Trapklub laat die speke sing
“Dit was heeltemaal anders as ander wedrenne byvoorbeeld jou fiets is geweeg en gemeet om aan standaarde te voldoen.
Nadia Stückler van Standerton Trapklub het aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap op Oudtshoorn deelgeneem en die klub en dorp se naam hoog gehou.
Stückler het op 9 Februarie in die tydtoets oor 20km algeheel sesde geëindig.
“Dit was lekker om skouers te skuur met groot name in fietsry,” het Stückler gesê.
“Dit was ’n ondervinding om die eliteryers van ons land in lewende lywe te sien.”
Die volgende het ons gerus en op 11 Februarie het die 34km voorgelê, wat drie maal voltooi moes word.
Die temperatuur het tussen 38°C en 39°C gedraai. Stückler het algeheel vyfde geëindig.
“Dit was heeltemaal anders as ander wedrenne, byvoorbeeld jou fiets is geweeg en gemeet om aan standaarde te voldoen. Maar dit was beslis die moeite werd.”
Sy het ’n pluimpie aan die fietsry-onderneming op die dorp gegee wat haar van hulp en raad bedien het.




