Local newsSchool sportSchoolsStreeknuus

Rugbyspannetjies van Eloff en Delmas draf teen mekaar uit

Daar was klipharde rugby gespeel tussen die junior spelers van beide skole.

Kort voor die immer-gewilde kaalvoetrugby op Delmas weer afskop, het die afrigters dit goed gedink om ’n laaste oefening in te kry.

Laerskool Delmas se buurskool, Laerskool Eloff, het op16 Maart kom kuier en ’n vriendskaplike wedstryd gespeel.

Daar was klipharde rugby gespeel tussen die junior spelers van beide skole. Ouers en besoekers langs die veld het dit eens gehad dat die talent volop is.

‘Kaalvoetrugby op sy beste’ skop weer op 24 Maart om 07:00 by Laerskool Delmas af. Met verskeie skole wat deelneem, beloof dit om laerskole rugby-kompetisie uit die boonste rakke te lewer.

Die juniorweek sal op 24 en 25 Maart plaasvind, week een vanaf 27 tot 29 Maart en week twee vanaf 30 Maart tot 1 April.


Related Articles

 
Back to top button