Local newsLocal sport

Alex Pieterse van Volksrust troef die Standerton-manne

Jannie Nichols, huidige klubkampioen was in die tweede plek, met Andries Manka derde, Gerrit Coetzee vierde en Attie van der Westhuizen en Andrew Harper gesamentlik in die sesde plek.

Alex Pieterse van Volksrust het die A-afdeling van die Ope-kampioenskap op Sondag 26 Maart by die Standerton Buiteklub gewen.

Jannie Nichols, huidige klubkampioen was in die tweede plek, met Andries Manka derde, Gerrit Coetzee vierde en Attie van der Westhuizen en Andrew Harper gesamentlik in die sesde plek.

Gerrit Coetzee is ook vir die seniorspan van Mpumalanga gekies.

Johan Griesel het die voortou tydens die IPS-wedywering op Woensdag 22 Maart geneem en met 21 punte geëindig.


Jannie Nichols slaan op Sondag 26 Maart af. Nichols het in die tweede plek geëindig.

Die mededinging het oor nege putjies by die Standerton Buiteklub geskied.

Nick Momberg het ook 21 aangeteken, gevolg deur Deon Grimsell, Donnie Taljaard, Gerrit Nel en Neville Ritchie wat elk 17 op die telkaart ingevul het.

Ghennie Swanepoel het op 16 te staan gekom, terwyl Willie Griesel 12 en Freddie Welmans 8 aangeteken het.

Gert du Preez het oor 18 putjies met 39 punte geseëvier, gevolg deur Louis Bibbey met 38 en Francois Cronjé met 35.


Gerrit Coetzee is vir die seniorspan van Mpumalanga gekies.

Sowel Attie Mouton as Henk Botha het met 34 geëindig, terwyl Joré Nortjé en Stephen Nortjé albei 33 behaal het.

Ronald Kinnear het 32 aangeteken en ’n spog-twee behaal, terwyl Nico Lombard met 31 en Gerrit Coetzee met 29 geëindig het.

Grimsell was op 21 Maart onoorwonne in ’n IPS-kompetisie met ’n puntetelling van 42. Altesaam 21 spelers het meegeding.

Jabbies Lotz, Tertius Brits, Joré Nortjé en Aldo Arnaldi het elk 39 aangeteken, gevolg deur Willie Griesel en Kobie Coetzee wat albei 38 op die telkaart ingevul het.


Die trajek van die bal word dopgehou.

Attie Mouton, Werner Mouton en Johan Brink het elk met 36 geëindig. Grimsell, Arnaldi, Griesel, Coetzee en Attie Mouton het elk ’n spog-twee behaal.

André Burger het die septer op 17 Maart geswaai nadat hy die Sundowner IPS-kompetisie met 18 punte gewen het.

Nico Lombard het met 17 geëindig, terwyl Patrizia Lombard, Arnaldi en Jacques Scholtz elk 15 aangeteken het.

Francois Cronjé het op 13 te staan gekom. Burger het ook ’n spog-twee behaal.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button