Standerton Trapklub se lede presteer
Nadia Stückler het op 26 Maart aan die Emperors Palace Classic 98km padwedren deelgeneem en ’n eerste plek behaal (open seeded) in ’n tyd van 2:22.
Standerton Trapklub is behoorlik aan die gons.
Nadia Stückler het op 26 Maart aan die Emperors Palace Classic 98km padwedren deelgeneem en ’n eerste plek (open seeded) in ’n tyd van 2:22 behaal, terwyl Lerina Hepburn die afstand in 2:55 voltooi het.
Sanpat Coetzee en Francois Streicher het op 25 Maart die Safire Berg 100 oor 100km op Howick in ’n tyd van 7:20 voltooi.

Tydens die Cosmos 3 in 1 Stage Race op 25 Maart op Secunda het Brendan Archer, Nitin Daya en Johan Vosloo die 73km in nat en modderige toestande afgelê.
Jean Greyling het aan die 33km en 10km deelgeneem, met Elize Greyling wat slegs die 33km aangedurf en derde geëindig het.
Hul seun Nathan, het die 10km afgelê en die eerste plek behaal.

Altus Schabort was op 18 Maart derde in die 15km tydens die Overvaal MTB Challenge op Ermelo.
Stückler het ook op 12 Maart aan die Cape Town Cycle Tour deelgeneem wat oor 109km gestrek het en die tweede plek behaal in die veterane se vroue-afdeling en algeheel agtste geëindig.
Stückler het die afstand in 3:09 voltooi, terwyl Monica Swart die 42km in 1:55 voltooi het.




