Bekende sakeman van Delmas in hof vir beweerde voertuiglisensie-bedrog
Volgens die padverkeerkorporasie het die Mpumalanga glo sowat R1m verloor weens Botes se betrokkenheid by die bedrogspul.
’n Bekende sakeman van Delmas is deur die Valke in hegtenis geneem en het op 4 April in die hof in Mbombela verskyn.
Demitri Peter Botes, beter bekend as Boela Botes van Botes Vervoer, is die 17de verdagte wat in verband met die motorlisensie bedrogspul van meer as R60m in hegtenis geneem is.
Volgens die padverkeerskorporasie staan Botes op 261 klagtes van bedrog tereg. Die aanklagte is voortspruitend van transaksies wat in 2017 gedoen is.
Volgens die padverkeerkorporasie het Mpumalanga sowat R1 005 923.40m verloor weens Botes se betrokkenheid by die bedrogspul.
Botes, wie die eienaar van ’n vloot van 45 voertuie is, het na bewering die voertuie gelisensieer sonder om daarvoor te betaal.
: WATCH: Police and municipality remove vagrants under bridge
Botes se inhegtenisname volg nadat die eerste van 16 ander verdagtes reeds sedert Julie verlede jaar by verskeie lisensiekantore in hegtenis geneem is.
Die inhegtenisnames het gevolg op uitgebreide ondersoeke deur onder meer die padverkeerskorporasie se nasionale teenkorrupsie-eenheid en die Valke se spesiale ondersoekeenheid.
Vanuit Delmas was twee verdagtes vanuit die plaaslike lisensiekantoor ook vir die beweerde bedrog gedurende Oktober verlede jaar deur die Valke opgepik.
Beide die werknemers het op 12 Oktober 2022 in die Nelspruit Landdroshof verskyn en op R15 000 elk borgtog vrygelaat.
: Pylons fall onto N4, cause power outage in Ward 100 too
Die administratiewe klerke het glo die eNatis stelsel omseil en so voertuigeienaars gehelp om die betaling van voertuiglisensiegeld en boetes wat aan die staat verskuldig is, te vermy.
Die ander beskuldigdes wat saam met Botes in die hof verskyn het was Thembi Millicent Motlohi, Allman Thabani Masuku, Xoliswa Celia Ngcelwane, Nompulelo Winnie Nxumalo, Agnes Nosipho Ndzinisa, Nkosinathi Samuel Gumede, Thabang Cliford Khumalo, Nonhlanhla Precious Matsheka en Nkosinathi Mahlalela.
Botes is op R15 000 borg vrygelaat. Die saak is tot 20 Julie uitgestel wanneer Botes en sy medebeskuldigde weer in die Mbombela handelsmisdaadhof sal verskyn.
Die Valke se woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgodi, het aangedui dat meer inhegtenisnames moontlik kan volg.




