Klopjag op Delmas lewer groot hoeveelhede dwelms
Die gesamentlike operasie het sukses afgewerp toe daar op ’n groot hoeveelheid heroïne, kokaïne asook dagga beslag gelê was. Daar was verder op ongeveer R8 000 in kontant beslag gelê.
Die Delmas polisie het op 19 April op ’n huis in Botleng, Delmas, toegeslaan en op dwelms en kontant beslaggelê.
Die spesiale operasie in samewerking met nasionale veiligheid, die K9-eenheid en reaksielede van AfriForum se Delmas Valke Buurtwag het dié oggend omstreeks 02:30 plaasgevind.
Volgens inligting het die reaksielede, die polisie en die K9-eenheid op die perseel toegeslaan nadat inligting ontvang is dat daar waarskynlik dwelms vanaf die perseel verkoop word.
Hierdie gesamentlike operasie het vrugte afgewerp en daar is beslag gelê op groot hoeveelhede heroïen, kokaïen en dagga, sowel as sowat R8 000 .
’n Suid-Afrikaanse burger is op die perseel in hegtenis geneem nadat hy erken het dat die dwelms aan hom behoort.
Hy sou teen ter perse gaan in die hof verskyn het vir die besit van en handel in dwelms. Kaptein Carla Hartley, mediawoordvoerder van die Delmas polisie, het al die rolpelers bedank.





