CrimeLocal newsStreeknuus

Die Delmas Diereskuiling vra om hulp

Die diere wat op DAS se voorstoep beland is meestal verwaarloosde of voorheen mishandelde diere en het mediese nodig, wat veeartsenykostes soms die hoogte laat inskiet.

Met die winter op die voorstoep, het die Delmas Diereskuiling/Animal Shelter (DAS) baie uitdagings.

Die ma- en dogterspan, Jolandie en Jorinda Verwey, is bekend vir hul liefde vir diere en spesifiek weggooi of mishandelde diere.

DAS is ook ’n pro-lewe organisasie wat beteken dat diere in die skuiling nie uitgesit word nie, maar dat daar vir hulle gesorg word tot en met ’n geskikte tuiste gevind kan word.

Daarmee saam kom daar egter baie kostes. Die diere moet van kos en ’n warm en veilige skuiling voorsien word, maar daar is andersins ook oorhoofse uitgawes soos huur, water en ligte en salarisse.

Honde en katte moet ook gesteriliseer word voordat hulle na hul permanente tuistes kan gaan.

Boonop is die diere wat op DAS se voorstoep beland meestal verwaarloosde of voorheen mishandelde diere en het mediese hulp nodig, watt veeartseny kostes soms die hoogte laat inskiet.

Onlangs het Jolandie en Jorinda weer ’n dringende oproep ontvang van ’n mamma-hond met kleintjies wat in haglike omstandighede geleef het.

DAS het die uitgeteerde ma-hond en haar babas na die veiligheid van die skuiling gebring.

“Intussen het die ma en haar babas herstel, maar die kostes om hulle tot op die punt van gereed vir aanneming te bring is astronomies as jy inenting, ontwurming en sterilisasie in ag neem,” het Jorinda gesê.

“Ons diere bly ons passie en alhoewel ons soms op moedverloor se vlakte beland, kan ons nie opgee nie,” het Jolandie laat hoor.

Om te kan voortgaan, benodig ons egter skenkings en borge. DAS benodig altyd honde- en katkos, maar ook voer vir plaasdiere, waarna hulle ook omsien. Komberse, dieremedisyne, hondehokke en selfs ou diere speelgoed word verwelkom.

“DAS se daaglikse uitdagings is skrikwekkend. Met die toenemende koste van diesel, elektrisiteit en salarisse word kontant bydraes ook dringend benodig.

“Vir elkeen, ons ‘engele’, wat ons gereeld ondersteun in ons behoeftes, sê ons dankie . Daarsonder sou DAS nie kon voortgaan nie om diere in nood die kans tot ’n beter lewe te gee.”

Vir enige skenkings of navrae skakel 060 613 1048 of 076 808 6684. Besoek ook Die Delmas Animal Shelter se Facebook-blad.

Die bankbesonderhede en plekke waar skenkings gelaat kan word is daarop aangebring. Loer dan sommer na die verskeidenheid diere, gereed vir aanneming, wat daarop geplaas word.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button