Gholfspelers van Standerton sorg dat hul spel op peil bly
Joré Nortjé het onlangs die A-afdeling van die maandelikse beker met ’n netto van 78 beklink.
Die Ou Toppies het Graceland in die halfeindstryd van die liga op Saterdag 20 Mei op Ermelo met 5-1 getroef.
Wikus Fourie was onoorwonne in die IPS-kompetisie op Woensdag 17 Mei met ’n puntetelling van 20.
Attie Mouton was tweede in die wedywering oor nege putjies, gevolg deur Neville Ritchie met 16. Nick Momberg het 14 op die telkaart ingevul, Freddie Welmans 13 en Donnie Taljaard 10.
Pieter Bester het met 9 geëindig en Gerrit Nel met 8. Francois Cronjé het die 18-putjie-wedywering sy eie gemaak en 34 aangeteken.
Stephen Nortjé het op 33 te staan gekom, terwyl Hennie Swanepoel met 32 en Patrizia Lombard met 31 geëindig het.
Gert du Preez het 30 aangeteken, terwyl sowel Ronald Kinnear as Herman Mynhardt 29 op die telkaart ingevul het.
Lombard en du Preez het albei ’n spog-twee behaal.
Aldo Arnaldi en Patrizia Lombard het op 12 Mei aan die Sundowner-kompetisie deelgeneem waar Arnaldi 16 punte en Lombard 15 aangeteken het. Dié IPS-kompetisie is oor nege putjies beslis.
Attie Mouton het op 10 Mei die voortou geneem in ’n IPS-kompetisie en met 20 punte geseëvier. Momberg het in dié nege-putjie-kragmeting met 19 geëindig, terwyl Taljaard 18 op die telkaart ingevul het.
Bester het op 17 te staan gekom, Louis Gravett op 15, Welmans op 14 en Nel op 12. Mouton het ’n spog-twee behaal.
Kobie Coetzee het met 40 punte oor 18 putjies geseëvier, gevolg deur Ronald Kinnear en Janneman Kotze wat albei 37 aangeteken het.
Du Preez het met 36 geëindig, terwyl Nico Lombard en Gerrit Coetzee albei 35 op die telkaart ingevul het.
Mark Nortjé het 34 aangeteken en sowel Gravett as Stephen Nortjé het op 33 te staan gekom. Wessel van der Merwe het 31 op die telkaart ingevul.
Lombard het ’n spog-twee behaal. Joré Nortjé het onlangs die A-afdeling van die maandelikse beker met ’n netto van 78 beklink.
Altesaam 17 spelers het by die Standerton Buiteklub meegeding. Jannie Nichols het met 79 geëindig.
Johan Brink het die B-afdeling syne gemaak met ’n netto van 75, wat geëwenaar is deur Fourie en Willie Griesel.
Sowel Vivian Seager as Kristin Nortjé het 77 op die telkaart ingevul.
Willie Griesel (jnr.) het 61 punte in die C-afdeling aangeteken, terwyl Clifford van Vuren en Johan Brits albei op 36 te staan gekom het.
Francois Cronjé het met 34 geëindig, gevolg deur Riaan Starbuck se 32, Momberg se 31 en Fanie Botha se 28.
Ronel Starbuck het 27 op die telkaart ingevul, terwyl Nel en Jaco Kruger albei 24 aangeteken het. Fourie het ’n spog-twee behaal.





