CrimeLocal newsStreeknuus

Delmas Valke-buurtwag help om gesteelde voertuig terug te vind

Dié voertuig is opgespoor toe die Valke-buurtwag die N12-hoofweg tussen Delmas en Emalahleni gepatrolleer het.

Lede van AfriForum se Delmas Valke-buurtwag het in samewerking met die polisie op Delmas ’n gesteelde voertuig teruggevind.

Dié voertuig is opgespoor toe die Valke-buurtwag die N12-hoofweg tussen Delmas en Emalahleni gepatrolleer het.

Hierdie aksie het op 25 Mei om 19:00 begin en tot die volgende oggend om 01:30 geduur.

Drie vermeende kabeldiewe is ook aangekeer en deur die polisie in hegtenis geneem.

Terselfdertyd is daar op toerusting beslag gelê wat vermoedelik vir kabelsdiefstal gebruik word.

Die Delmas Valke-buurtwag bedank die polisie vir hul hulp tydens hierdie aksie.

“Ons is trots op ons Valke-reaksiespan wat hulself beskikbaar stel om die gemeenskap op so ’n onbaatsugtige wyse te dien,” het Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.


LEES OOK: Vandals destroy clubhouse in Standerton

LEES OOK: Electricity to Bethal and eMzinoni improved says mayor at Sona




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button