Spelers waag hul hand aan verskeie formate by Standerton Buiteklub
Stephen Nortjé en Rikus van den Hoven was op 27 Mei onoorwonne in die Windhoek Pairs met ’n totaal van 47.
Laerskool Kalie de Haas se geborgde dag het op 3 Junie by die Standerton Buiteklub plaasgevind en die prysuitdeling die aand.
Fanie Botha en Nico Lombard het met 51 punte geseëvier. Werner Mouton, klubkaptein, het die pryse oorhandig.
Sakkie Boshoff, hoof van die laerskool, het sy personeel bedank wat die dag gereël het.
Die volledige uitslae sal so gou moontlik gepubliseer word. Donnie Taljaard het op 31 Mei oor nege putjies met 14 punte geëindig.Freddie Welmans was in dié IPS-kompetisie tweede met 10 punte.

Wessel van der Merwe het die mededinging oor 18 putjies met 37 punte beklink.
Sowel Stephen Nortjé as Ronald Kinnear het 35 op die telkaart ingevul, gevolg deur Nico Lombard se 34 en Patrizia Lombard se 33.
Herman Mynhardt het 32 aangeteken, terwyl Gert du Preez op 31 te staan gekom het. Johan Brits het met 29 geëindig, gevolg deur Wikus Fourie se 26 en Jaco Kruger se 16.

Nortjé en Brits het albei ’n spog-twee behaal. Stephen Nortjé en Rikus van den Hoven was op 27 Mei onoorwonne in die Windhoek Pairs met ’n totaal van 47.
Altesaam 26 spelers het meegeding. Sowel Leon Myburg en Vivian Seager as KP de Jager en Jacques Erasmus het met 45 geëindig, gevolg deur Werner Mouton en Jacques Nel se 44.
Kinnear en en Hennie Swanepoel het op 43 te staan gekom, terwyl Johan Brink en Fourie 42 aangeteken het.

Die totaal is ook geëwenaar deur Mark Nortjé en Johan Schoonraad, asook Kobie Coetzee en Tertius Brits.
Francois Cronjé en Jannie Nichols het 41 op die telkaart ingevul, gevolg deur Andries Manka en Innocent Dhladhla se 40.
Brits het ’n spog-twee behaal. Tydens die Sundowner-wedywering die vorige dag, het Seager met 17 punte geseëvier. Attie Mouton het met 16 geëindig en Werner Mouton met 15. Dié IPS-kompetisie is oor nege putjies beslis.









