Local newsStreeknuus
Cullinan Rugbyklub wen albei hul wedstryde teen Atteridgeville
Die eerstespan se telling was 42-15 in Cullinan se guns.
Cullinan se rugbyklub het verlede naweek met Atteridgeville in ’n kragmeting op tuisgrond afgereken.
Hulle het albei wedstryde gewen.
Die eerstespan het Atteridgeville met 42-15 verslaan. André van der Merwe is as die man van die wedstryd aangewys.
Cullinan se tweedespan het Atteridgeville met 24-0 geklop. Theo Theart was die man van die wedstryd vir die tweedespan.
Cullinan Rugbyklub speel dié naweek teen die Noordelikes Rugbyklub in Pretoria-Noord.
LEES OOK: Cullinan Rugbyklub begin liga op lae noot
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!









