Local newsLocal sportStreeknuus

Delmas Phoenix wys hul staal, kwalifiseer vir halfeind

Tydens die Valke -igawedstryd wat op 1 Julie gespeel was, kon Phoenix daarin slaag om Vanderbijlpark met 29-7 te klop.

Delmas Phoenix Rugbyklub het teen Vanderbijlpark op ‘n wegveld te staan gekom.

Tydens die Valke Liga wedstryd wat op 1 Julie gespeel was, kon Phoenix daarin slaag om Vanderbijlpark met 29-7 te klop.

Dié oorwinning het vir Phoenix vyf punte in die Valke rugbyliga besorg en die span ook in staat gestel om vir die halfeindstryd te kwalifiseer.

Volgens Phoenix se afrigter, Jandré Senekal, was dit ‘n goeie wedstryd.


Geen keer aan die spelers van die Phoenix Rugbyklub.

“Ons span het deurgaans goed saam gespeel en daar was ook goeie afronding.”

Phoenix kom in hul volgende kragmeting op 8 Julie teen die span van die Oos-Rand Polisie in Springs te staan.

Die uitslae van die wedstryd sal dan ook bepaal waar die halfeindstryd voltrek sal word.

“‘n Oorwinning in hierdie wedstryd sou beteken dat die halfeindstryd ‘n tuiswedstryd sal wees.”



‘n Phoenix-rugbyspeler laat spaander met die bal.

Vanderbijlpark poog daarin om vir Christo Marx van Phoenix grond toe te bring.

Phoenix se skopskoen in aksie.

Die span van Vanderbijlpark bring ‘n speler van Phoenix grond toe.

Delmas se Phoenix Rugbyklub en Vanderbijlpark sak in die skrum. Fotos: Vlamiibum Photography.


Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button