Ballet Through Borders het gedurende die eerste week van die skoolvakansie ’n balletkamp aangebied vir meisies wat nog nooit die geleentheid gehad het om ballet te doen nie.
Die kamp is by die Francien de Kock Dansskool aangebied en die jong ballerinas het ook ‘n konsert aangebied by Laerskool HM Swart.
Die stigter van Ballet Through Broders, ’n Amerikaner, Amandia Scotti, het die projek aangebied en vir so rukkie in Suid-Afrika kom kuier om die ballerinas touwys te maak.
Scotti se ma, Marlise Scotti, het jare terug op Bethal gewoon.
Verskeie ondernemings van Amerika het dié week geborg en die kinders het ook daagliks kunsvlyt gedoen wat gegrond was op ’n storie oor ballet.
LEES OOK: Delmas se VLU vier 70ste verjaardag
LEES OOK: Woorde vloei maklik uit jong digter van Delmas se pen



