AfriForum se Delmas Valke Buurtwag maak ’n verskil
AfriForum se Delmas Valke buurtwag het ook gedurende die maand gedurende drie verskillende voorvalle vier verdagtes vir onder meer diefstal en huisbraak in hegtenis geneem.
AfriForum se Delmas Valke Buurtwag het gedurende Junie verskeie suksesse in die stryd teen die bekamping van misdaad behaal.
’n Operasie in samewerking met eenhede van die SAPD, die Community in Blue, die plaaslike verkeersdepartement en ander rolspelers vanuit die privaat sekuriteitsbedryf was op 16 Junie van stapel gestuur.
Tydens hierdie operasie was beslag gelê op vier onpadwaardige voertuie. Sewe persone is vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Verder is daar ook gesteelde hoenders en een onwettige vuurwapen gedurende die operasie gevind.
AfriForum se Delmas Valke-buurtwag het ook gedurende die maand in drie verskillende voorvalle vier verdagtes vir onder meer diefstal en huis inbraak in hegtenis geneem.

Twee vermeende inbrekers was tydens een van dié voorvalle op heterdaad betrap waar hulle besig was om by die Gereformeerde Kerk se perseel in die dorp in te breek.
Volgens inligting was daar gedurende dieselfde tyd ook ’n inbraak by die NG Kerk Moedergemeente, en alhoewel onbevestig, ondersoek die polisie die moontlikheid dat die twee verdagtes ook by hierdie inbraak en diefstal betrokke kon wees.
“Ons is dankbaar vir die goeie samewerking wat ons met die verskeie rolspelers in Delmas het. Die suksesse is ’n bewys daarvan dat ’n gemeenskap saam ’n verskil kan maak,” Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas-tak, gesê.
LEES OOK: Aunt testifies Mihle’s Zingamo’s murder traumatised her family
Botha het verder sy dank teenoor die Valke Buurtwag se reaksiespan, onder leiding van Jaun Herholdt uitgespreek.
“Hierdie span van ons werk baie hard, meestal gedurende die onmoontlike ure van die nag en dit ten spyte van hul gewone beroepe wat hul steeds bedags beoefen.
“Elkeen van ons reaksielede lewer onbaatsugtige diens en is toegewyd om van Delmas ’n veiliger woonplek vir elkeen te maak.”
Wys jou steun vir AfriForum se tak in Delmas, deur www.wordlid.co.za te besoek of kontak die voorsitter by 082 925 5849.




