CrimeLocal news
Bethal-man wat glo sy vrou verkrag het, bly in aanhouding
Saak is uitgestel na 21 Julie.

’n 31-jarige man wat in Junie in die hof op Bethal verskyn het op verskeie aanklagtes van seksuele misdrywe, se borgaansoek is geweier.
Dié man het sy vrou na bewering herhaaldelik verkrag, aangerand en gewurg.
Hy staan tereg op aanklagtes van verskeie seksuele misdrywe asook poging tot moord.
Inwoners van Bethal het ’n petisie by die hof ingehandig en in dié petisie gesê hulle is teen borgtog vir dié man.
Meer as 30 mense het dié petisie geteken. Die man se saak is uitgestel na 21 Julie.
LEES OOK: Delmas wemel van polisie tydens spesiale operasie
LEES OOK: Double murder suspect from eMbalenhle to reappear in court
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



