Veiligheidsaanbieding op Delmas geloods
“Daar is geen manier om van misdaad weg te skram nie en daarom is dit belangrik dat ons pro-aktief moet voorberei en ingelig wees vir wanneer ons in so ’n situasie beland.”
AfriForum Delmas tak het in samewerking met Fortis Pro Active Defense ’n bespreking rondom veiligheid op 1 Augustus op Delmas aangebied.
Tydens die aanbieding het inwoners ’n breë oorsig rondom dag-tot-dag misdaad gekry en hoe dit die publiek in Suid-Afrika raak.
Verder het die spreker, Deon Coetzee ook algemene veiligheidsaspekte in en rondom die huis bespreek en ’n basiese aanbieding gelewer oor items waarmee inwoners hulself kan verdedig.
Dié items wat oor ’n wye spektrum strek, is ten toon gestel en praktiese voorbeelde waaronder dit gebruik kan word, bespreek en gedemonstreer. Regsaspekte rondom selfverdediging was ook aangeraak.
LEES OOK: Celebrating our woman paramedic this Women’s Month
“In vandag se wêreld en tye is dit belangrik om dié situasies waarvan ons daagliks te hore kom, of wat iemand na aan ons reeds oorgekom het, te bespreek.
“Daar is geen manier om van misdaad weg te skram nie en daarom is dit belangrik dat ons pro-aktief moet voorberei en ingelig wees vir wanneer ons in so ’n situasie beland,” het Carel
Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas tak na afloop van die aanbieding gesê.
“Baie dankie aan Laerskool Delmas vir die beskikbaarstelling van hulle Romesaal vir hierdie veiligheidsaanbieding,” het Botha ook gesê. Botha het verder ook vir AfriForum en Deon Coetzee van Fortis Pro Active Defence vir die insiggewende aanbieding bedank.




