Local newsStreeknuus
Delmas se Tannie Fransie vier 83ste verjaardag op Vrouedag
“Ons het besluit omdat dit Vrouedag is, ons sommer al die inwoners van Ons Eie bietjie gaan bederf,”
Fransie Bekker, ’n inwoner van die SAVF se Ons Eie Ouetehuis op Delmas, het Vrouedag op ’n baie spesiale wyse gevier.
Nie net het sy verjaardagkoek gekry nie, maar so ook sommer al die inwoners van Ons Eie.
“Ons het besluit dat aangesien dit Vrouedag is, ons al die inwoners van Ons Eie gaan bederf,” het tannie Fransie se seun, Johan Bekker, laat hoor.
Personeel het tee en koffie bedien en die inwoners kon heerlik smul aan die verjaardagkoek en versnaperinge.
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!







