Sussa Pelser neem beste foto by Hoëveld Fotografieklub
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 1 September by te woon.
Sussa Pelser se foto, Tarantula Dop na Vervel, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms op 4 Augustus.
Die beoordelaar vir die aand was die klub se voorsitter, Hanno de Beer. Pelser het ook ’n sertifikaat van meriete vir haar foto ontvang.
Die voorgeskrewe onderwerp vir Augustus was makro-fotografie.
Dr Leon Pelser was die beste fotograaf onder die senior fotograwe en het dié afdeling gewen met sy foto, Beauty in Death en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir sy foto’s, My Ukraine Story in die pikturale afdeling en When the Going gets Tough in die fotojoernalistieke-afdeling.

Anzette Snyders was die beste fotograaf onder die junior fotograwe en het dié afdeling gewen met haar foto, Thoughts.
Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook haar foto, Good for You in die fotojoernalistieke afdeling.
Die ander fotograwe wat presteer het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang, het is
• Louis van der Walt vir sy foto’s, Drakensberg Spotted Owl1 in die natuurvoëlsafdeling en Garden Castle River V in die landskapafdeling.

• Lorraine Botha vir haar foto’s, Looking Through You in die natuurvoëlsafdeling en Spider in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.
• Danie Smit vir sy foto’s, Squeeze in die natuurvoëlsafdeling, Waterpret in die natuurafdeling en Yellow Spider Meal in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.
• Peter Winnan vir sy foto’s, Malachite Kingfisher with Catch in die natuurvoëlsafdeling, Man Open Space and Milkyway in die landskapafdeling, On the Move in die tweekleurige foto-afdeling en Brothers in die natuurafdeling en Yolande Pietersen met haar foto, My Hunk, in die pikturale afdeling.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 1 September om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.
Die voorgeskrewe onderwerp vir September is Weerkaatsings. Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.







