Local newsLocal sportSchoolsStreeknuus

Onnies, ouers en omies sê mekaar die stryd aan op Delmas

Die spelers van eertyd het op 18 Augustus op die krieketveld by Laerskool Delmas byeengekom.

Dit was ’n middag waarin afrigters, onderwysers, pa’s en sommer almal wat lus was vir ’n prettige wedstryd mekaar op die krieketveld gepak het.

Die spelers van eertyd het op 18 Augustus op die krieketveld by Laerskool Delmas byeengekom.

Daar was ernstige kompetisie tussen die Blou- en Rooispanne. Die manne het gesweet en dit was gou duidelik dat nie al die spelers meer so baie fiks is nie.

Teen die einde van die wedstryd het die Blouspan met ’n oorwinning van 54 lopies weggestap.

Die middag se pret was in goeie gees oor ’n worsbroodjie afgesluit.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button