Herstelwerk aan substasie op Standerton begin
“Hoewel dié soort opgraderings tydelik ongerieflik vir die gemeenskap is, sal die langtermyn plan groot verligting bring,” het die persverklaring gelui.
Ná volgehoue druk van die VF Plus en die gemeenskap van Lekwa is opgraderings by die BB kragsubstasie op Standerton begin.
Volgens ’n persverklaring van Wilma Venter, raadslid van Wyk 10, voorsien dié substasie krag aan groot dele van Standerton, wat noodsaaklike infrastruktuur soos die Kieser Reservoir, hospitaal, brandweerstasie, gastehuise, asook verskeie sake ondernemings en wonings insluit.
“Die skade aan die substasie is hoofsaaklik veroorsaak deur vandalisme wat langer as ’n jaar gelede plaasgevind het,” het Venter aangedui.
Volgens die VF Plus, het die munisipaliteit daarna probleme ondervind met die versekeringseis en kritieke herstelwerk het as gevolg hiervan gesloer.
Die party het weekliks met die munisipale bestuurder, Malosi Lamola, vergader waarna die opgraderings wel gedoen was.
“Hoewel dié soort opgraderings tydelik ongerieflik vir die gemeenskap is, sal die langtermynplan groot verligting bring,” het die persverklaring gelui.
“Die VF Plus sal aanhou om vir die gemeenskap op te staan om te verseker dat Standerton se inwoners die dienslewering ontvang waarvoor hulle betaal.”
ALSO READ: Court postpones Sasol’s water pollution case to November
ALSO READ: Alleged serial rapist stoned to death in cemetery in Delmas area





