Local newsSchoolsStreeknuus
Rakkers op Delmas se kleuters sorg vir groot vermaak
“Die Rakker-kleuters het met baie interessante voorstelle vorendag gekom en die dag was met hope pret gevul.”
Rakkers Kleuterskool op Delmas kon op 28 Julie volgens die eerste letter van hul name aantrek en ’n storietjie oor hul spesifieke karakters by die skool vertel.
“Ons kleuters was baie kreatief ons het iets van alles gesien. Dit sluit in zombi’s, seeskilpadjies, luiperds, ’n eierman en ek self het met die letter M, ’n mom2be voorgestel,” het Rakkers se skoolhoof, Mariëtte van Eeden, gesê.
Selfs Streeknuus was verteenwoordig deur ’n Rakkers-joernalis, kompleet met kamera en onderhoude.
“Die Rakker-kleuters het met baie interessante voorstelle vorendag gekom en die dag was met hope pret gevul.”
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!











