Local news
VLU se aandtak vergader op Secunda
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 7 September by te woon.
Die VLU se nuwe aandtak, Skemerkelkie, het op 10 Augustus vergader.
Sophie Hugo het vir die lede gewys hoe om kolle-kuns (dot art) te doen.
Die lede moet binnekort vir een van hulle kompetisies kolle-kuns op koffiestaanders maak.
Hugo het ook vir hulle gewys hoe om kuns vanuit papier te maak (quilling).
Die Skemerkelkie VLU-tak vergader weer op 7 September om 18:00 in die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop saal en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Hugo by 083 701 9709.
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



