
Die 40-jarige man wat teregstaan op aanklagtes van verkragting van sy stiefdogter, het op 7 November weer in die streekshof op Secunda verskyn.
Sy saak is uitgestel na 4 Desember.
Dié man het glo sy stiefdogter, wat nege jaar oud was ten tye van die gebeure, herhaaldelik verkrag vir jare.
Hy het glo ook na bewering haar jonger sussie gemolesteer toe die gesin op Charl Cilliers gewoon het.
Die twee dogters se ouma het onraad vermoed en met die skool asook ’n maatskaplike werker gaan praat en die saak is by die polisie aangemeld, waarna die man in hegtenis geneem is.
Dié stiefpa het glo selfs die twee dogters uit die skool gehaal en gesê dit is beter om hulle tuis te onderrig.
Hy het dan na bewering die seksuele dade met hulle gepleeg terwyl hy heeldag alleen met hulle tuis was terwyl hul ma moes werk om die pot aan die kook te hou. Sy was die enigste broodwinner in die gesin.
Hy het glo vir die oudste dogter gesê hy wil haar swanger maak want haar ma kan nie meer swanger raak en kinders kry nie.
ALSO CHECK: Husband allegedly drives over his wife in Secunda, commits suicide
ALSO CHECK: Gunfire during robbery in Delmas leaves security guard in shock



