Local newsStreeknuus

Bybeljoernaal-vriendinne kuier gesellig op Delmas

Almal was in ligte luim en so tussen die kreatiewe knip, plak en kunstige skeppings deur was die gemoedere lig en lag en gesels het die kerksaal gevul.

’n Groep vroue wat aan Delmas se Bybeljoernaalklasse deelneem, het oudergewoonte op 30 November by die NG Kerk Moedergemeente op Delmas vir hul laaste samekoms van 2023 byeengekom.

Mariëtte van Eeden het die verrigtinge geopen.

Almal was in ligte luim en so tussen kreatiewe knip, plak en kunstige skeppings deur was die gemoedere lig en vrolike lag en gesels het die kerksaal gevul.

Nitzi van Rensburg bied die klasse vir die vroue vanuit die omgewing aan en sy het oudergewoonte leiding gegee en die vroue kon daarin slaag om drie klasse op die dag te voltooi.


ALSO CHECK: Bronkhorstspruit Police launch campaign against women and child abuse


Sommige ma’s was ook vergesel van hul dogters en almal het ewe entoesiasties aan die verbeeldingsvlug van die kunstige en inspirerende versiering van die Bybel deelgeneem.

Delmas Bybeljoernaal vir 2023 was met heerlike tuisgebak en verversings afgesluit.

Klasse begin weer vroeg in volgende jaar en Van Rensburg moedig enige een aan om deel te word van Delmas Bybeljoernaal.

Vir meer inligting kan Nitzi van Rensburg op 082 572 7367 gekontak word.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button