Local newsLocal sportStreeknuus
Bronkhorstspruit Rolbalklub geniet jaareindfunksie
Altesaam vyf lede van die Gauteng Noord Rolbal-unie se uitvoerende raad het dié afsluiting bygewoon.
Bronkhorstspruit Rolbalklub het op 9 Desember hul jaareindfunksie by die klubhuis gehou om die spelers wat vanjaar deelgeneem het, te bedank.
Yvonne Dreyer, vrouepresident, het Johan Swart bedank vir sy harde werk om die bane deurentyd gebruikersvriendelik en netjies te hou.
Altesaam vyf lede van die Gauteng Noord Rolbal-unie se uitvoerende raad het dié afsluiting bygewoon.
Dreyer het almal bedank en saamgestem dat dit ’n suksesvolle en aangename jaar was. Sy het Manie Engelbrecht en Rosemarie van der Merwe vir hul ondersteuning uitgesonder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.