Local newsLocal sportStreeknuus

Phoenix Rugbyklub beplan groot dinge vir 2024

“Ons sien sommer baie uit na die jaar en om ’n nuwe seisoen van top rugby aan ons ondersteuners te bied.”

Die afrigter van Delmas Phoenix Rugbyklub, Jandré Senekal, het Streeknuus ’n vinnige insae gegee oor wat vir die 2024 rugbyseisoen voorlê.

Volgens Senekal is daar vanjaar twee ligas op die kalender. Die span beoog om aan die Presidentsliga deel te neem waarna hulle weer in die Kestrelliga sal meeding.

Phoenix het verlede jaar opspraak gemaak deur tweede in die Kestrelliga te eindig, met net die span van Heidelberg wat hulle kon wen.

Senekal het verder gesê die span van Phoenix se seisoen sal formeel op 9 Januarie afskop wanneer die eerste oefening plaasvind.

“Ons sien uit na die jaar en om ’n nuwe seisoen van top rugby aan ons ondersteuners te bied.”

Senekal het verder belangstellende spelers genooi om by Phoenix aan te sluit. Vir meer inligting kan Senekal by 084 411 7599 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button