Vriende vier hulle 86ste verjaarsdag op Cullinan
Hennie en Martin het hulle verjaarsdag geniet met vriende van ver en naby.
Hennie Malan en Martin Kruger het hulle 86ste verjaarsdag op 6 Desember by Dolphin Whisper in Cullinan gevier.
Hulle albei was op 6 Januarie 1938 gebore en het eers vriende geword in 2021, toe hulle gekuier het by Dolphin Whisper. Dit is dis waar hulle uitgevind het dat hulle op die selfde dag verjaar asook dat hulle in die selfde jaar gebore was.
Malan was op Middleburg gebore en het daar skool gegaan.
Toe hy klaar was met skool to het hy begin werk by waterwese in Middleburg en het as ’n instrukteer vir waterwese afgetree.
Kruger was in ‘n klein dorpie net buite Thabazimbi gebore waar hy ook skoolgegaan het.
Na skool het hy ’n ambag begin by ‘n platinum myn en was oorgeplaas na Cullinan Myn toe, waar hy gewerk het tot hy afgetree het.
Die naaste familielede het bymekaargekom en dié mylpaal oor ’n ete en tee herdenk.



