Bethal gholfers laat Delmas op hul neuse kyk
Die Ou Toppies het teen mekaar meegeding op Delmas se baan terwyl die Senior Chickens op Bethal gespeel het.
Die ‘Senior Chickens’- en ‘Ou Toppies’ spanne van Delmas en Bethal gholfklubs het op 13 Januarie dinge op die gholfbaan tydens die Bethal Liga uitgespook.
Die Ou Toppies het teen mekaar meegeding op Delmas se baan terwyl die Senior Chickens op Bethal gespeel het.
Op Delmas het Willem du Plooy, Tobie Oosthuizen, Frans Cronjé, Sybrand Botha, Nico van Vuuren en Spies Fourie vir Bethal op die baan gestap.
Die dag se spel op Delmas het geëindig met Bethal se vier punte teenoor die twee van Delmas.
In die Spring Chickens se wedstryd het Bethal ook gewen met die eintellings op Bethal met vier punte terwyl Delmas geen wen kon aanteken nie.
Tydens die prysuitdeling het die Delmas kaptein, Barend Kruger die spelers van Bethal Gholfklub gelukgewens met hul oorwinning en ook bedank vir hulle goeie sportmangees.





