Mosambiekse burger met gesteelde diesel op Delmas betrap
Die lede het ’n verdagte wit Opel Corsa bakkie opgemerk, waarin daar plastiese kanne gelaai word.
Lede van Maksimum Sekuriteit het om 05:30 op 12 Februarie voetpatrollies langs die spoorlyn op Delmas gedoen.
Die lede het ’n verdagte wit Opel Corsa bakkie opgemerk, waarin daar plastiese kanne gelaai word. Die wagte het die bakkie genader, maar dit het glo van die toneel af weggejaag.
Die Maksimum lede het om bystand gevra en lede van POLSEC het gereageer. ’n Mosambiekse burger (31) is vir die moontlike besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem.
Volgens kaptein Carla Hartley, mediawoordvoerder van die Delmas polisie, kon die persoon nie ’n aanvarbare veduideliking gee oor waarvandaan die diesel kom nie.
Daar was op die Opel Corsa bakkie, sowel as 21 20l blou- en groen kleurige plastiese kanne, gevul met diesel, beslag gelê.
Die Mosambieker op 13 Januarie in die Delmas Landdroshof verskyn.





