Bejaardes by tehuis op Standerton kry hul eie kunsstudio
Hoewel die spasie meer intiem is as die vorige saal wat vir dié doeleindes gebruik was, is die nuwe studio toegerus met allerei kunsmiddels.
Die Kosmos Aftreeoord het op 17 Oktober hul skilderstudio geopen.
Die bejaardes wat in die tehuis woon, het uiteindelik ’n plekkie waar hulle pragtige kunswerke kan maak en uitstal.
Hoewel die spasie meer intiem is as die vorige saal wat vir dié doeleindes gebruik was, is die nuwe studio toegerus met allerei kunsmiddels.
Bejaardes kan teken, verf en baljaar in hul eie kreatiwe spasie. Die nuwe studio is moontlik gemaak deur skenkings van die gemeenskap.
In voorbereiding vir die studio, het die tehuis waterverf, kwaste, palette, akrielverf en soveel meer ontvang vanaf die kunsliefhebbers van Standerton.
Bejaardes wat gereeld aan die kunslesse deelneem het ook ’n sleutel vir die kamer en kan enige tyd deur die dag skilder of selfs net hul kunswerke bewonder.