Local newsLocal sportStreeknuus

Phoenix draf deur na die halfeindstryd van die deur na Kestrel-liga

Die spelers van die wedstryd was as Philip Els en Ghantsho Lekulene aangewys.

Die Phoenix Rugbyklub van Delmas het vir hulle ’n plek in die halfeindronde van die Valke Rugbyunie se Kestrel-liga verseker. Dit volg na Phoenix die span van die Katlehong Tigers op 26 Julie op Delmas se tuisveld met ’n oortuigende 50 punte teenoor vyf geklop het.

Die spelers van die wedstryd was Phillip Els en Ghantsho Lekulene. Dit was dan ook Phoenix se laaste tuiswedstryd en hulle sal op 2 Augustus teen die Edenvale Panthers in Edenvale te staan kom.

Die ander twee spanne wat mekaar die stryd in die halfeindstryd sal aansê is Oos Rand Polisie en die Vanderbijlpark Mustangs. Die wedstryd sal op Vanderbiljpark beklink word.

Phoenix se afrigter, Henlo Blignaut, het sy span gelukgewens met hul plek in die semi’s.


LEES OOK: Philisa Drop-In Centre in eMzinoni gets a new coat of paint for Mandela Day


“Ons het die seisoen met baie uitdagings en ’n nuwe en baie jong span begin, juis daarom is dit vir ons ’n groot trots op tot in die halfeindstryd van die Kestrel-liga te kon vorder,” het Blignaut gesê.

Die span bedank op hul beurt vir Blignaut sowel as die klub se administratiewe beampte, Daleen Bekker vir alles wat sy die seisoen vir die span gedoen en beteken het.

Blignaut het vir AfriForum se Delmas Valke-buurtwag se eerstehulpspan bedank vir hulle uitstekende diens tydens die pas afgelope seisoen.

“Ons het baie weg-wedstryde gespeel, maar nerens het ons die dieselfde diens en omgee gesien nie, ons waardeer elke lid van die span opreg,” het Blignaut afgesluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button