Plaasjapie Stoeiklub skitter by Suid-Afrikaanse kampioenskap
Plaasjapie het as deel van die Ekurhuleni stoei-assosiasie op 11 en 12 Julie aan beide vrystyl- en Greco Romeinse style deelgeneem en uitstekende prestasies gelewer.
Die Plaasjapie Stoeiklub van Sundra het hul klub met trots en toewyding verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap.
As deel van die Ekurhuleni Stoei-assosiasie het hulle op 11 en 12 Julie aan beide die vrystyl- en Greco-Romeinse afdelings deelgeneem en uitstekende prestasies gelewer.
Hennie van Baalen, hoofafrigter van die klub, het goud in die meesters-vrystylafdeling verower. Bradley Stander het twee bronsmedaljes ingepalm; een in vrystyl en een in Greco-Romeins.
Hulpafrigter BG Uys het nie net ’n bronsmedalje in vrystyl gewen nie, maar ook goud in die Greco-Romeinse afdeling. Richard Kearney, die klub se nuwe senior hulpafrigter, het ook uitstekend gevaar en goud in die meesters-vrystylafdeling verower.
In die jeugafdelings het Ruan Brits silwer in vrystyl en goud in Greco-Romeins in die o20-klas gewen. Sy broer, Rihan Brits, het ’n verdienstelike vierde plek in die o17-klas (vrystyl) behaal en dus net-net ’n plek op die podium misgeloop.
Die klub bedank Gielie Uys, mede-hoofafrigter, vir sy ywer en ondersteuning van die stoeiers.
“Plaasjapie Stoeiklub is uiters trots op hierdie toegewyde span wat hul harte, harde werk en talent op die mat gaan wys het,” het klubsekretaris Anja Leach gesê.
LEES OOK: Residents hope the new attempt to stop sewage spills in Bronkhorstspruit succeeds
LEES OOK: eMbalenhle filmmaker sheds light on mental health with powerful short film



