Twee Secunda-inwoners, Desmond Matthee en Sandra Barnard, het ’n kompetisie geloods waar inwoners die huis met die beste Kersliggies kan kies.
Enige huis wat liggies of Kersversierings op het, is op ’n lys gevoeg en inwoners kan vir hul top vyf huise stem.
Dié top vyf huise word die naweek bekend gemaak en die wen-huis gaan op Kersdag aangekondig word.
Die huise wat met Kersliggies versier is, is in Swarthoutstraat, Rooiwalstraat, Steyn van der Spuystraat, Piet Slabbertstraat, Kommandant Fouriestraat, Gerrit Maritzstraat, Simon Bekkerstraat, Hendrik de Waalstraat, Saliestraat, Tugelastraat, Kaaimansstraat, Gamtoosstraat, Umfolozistraat, Hexrivierstraat, Langebergstraat, Limpopostraat, Irma Sternstraat, Nickelstraat, Generaal Beyersstraat, Toon van den Heeverstraat, AD Keetstraat, Katbergstraat en Gemsbokstraat.
Besigtig dié fees van liggies nog vanaand en stem vir jou gunsteling.
As jy wil stem, kliek op die skakel en kies jou gunsteling huis: https://forms.cloud.microsoft/r/FKQy915W0k.



