Local news

VLU-tak op Standerton besoek perdeplaas

Volgens Gerda Büter was dit ’n belewenis om te sien hoe dié perde opgelei word vir skou.

Die VLU-Vaalriviertak was op 17 Februarie met ’n uitstappie na die Madron-perdestalle, waar hulle Gert Kogh se spogperde gaan besoek het.

Ronel Kotze het vir die vroue ’n toer van die terrein en die skouperde gegee. Volgens Gerda Büter was dit ’n belewenis om te sien hoe dié perde opgelei word vir skou.

Büter was die gasvrou vir die dag en het ’n gelukspakkie met koekies, skyfies, sap en ’n worsrolletjie vir al die vroue gegee, gepaard met ’n lekker soet happie.

“Dit was ’n heerlike uitstappie vir ons VLU vroue,” het Büter gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button