Secunda fotograwe skryf beste fotos in
Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms op 3 Julie by te woon.
Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op 5 Junie vergader en die beoordelaar vir die aand was Leon Drotsky van die Ermelo Fotoklub.
Die voorgeskrewe onderwerp vir Junie was ‘Tyd’ en Sussa Pelser het dié afdeling gewen met haar foto, Time to Make a Move. Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.
Dr. Leon Pelser se foto, Nite Time Stock Taking, het hom die eerste plek onder die senior fotograwe besorg. Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.
Ina Annandale se foto, Basking in Gold, het haar die eerste plek onder die junior fotograwe besorg.
Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto, asook haar fotos, Sleepless in die tweekleurige foto-afdeling en Full Circle in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, ontvang.

Yolandi Geyser het ook behoorlik uitgeblink en sertifikate van meriete vir haar fotos,Eyes in the Reeds, Hidden Titan en Veiled Majesty, al drie in die tweekleurige foto-afdeling, Living Mosaic in die natuurafdeling en Weathered by Time in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, ontvang.
Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het, is Carien Schabort vir haar fotos, Carry you Slowly in die natuurafdeling, The Colour Purple en Hallo Aarde in die pikturale afdeling en For Old Times Sake in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, Encee van Huyssteen vir sy fotos, Hole in the Wall 2 in die landskapafdeling en Louvre at Night en Triptic, beide in die pikturale afdeling, Danie Smit vir sy foto, Jakkalsfontein Sunset in die landskapafdeling en Louis van der Walt vir sy foto, HZ Albino Diamondback in die pikturale afdeling.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 3 Julie om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.
Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Louis van der Walt by 072 755 2767.






