Local news
VLU se Kinross-vroue leer van papierblomme
Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 13 Augustus by te woon.
Vroue van die VLU Kinross-tak het op 11 Junie by die Evanderklub vergader waar Rosa Black vir die vroue gewys het hoe om verskillende blomme vanuit papier te maak.
Black is ’n lid van die VLU se Secunda-tak. Die vroue het ook die kans gekry om die blomme self te maak en te oefen.
Die VLU Kinross-ttak vergader weer op 13 Augustus om 09:30 by die Evanderklub. Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Launa Jansen van Vuuren by 061 065 7417.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



