VLU Bethal-tak leer meer oor gordelroos
Die VLU Bethal-tak het tydens hul vergadering op 25 Augustus waardevolle gesondheidsinligting ontvang.
Die VLU Bethal-tak het op 25 Augustus vergader, waar apteker Dr Jannes van der Merwe van Kosmos Apteek lede ingelig het oor gordelroos en die belangrikheid van ’n sterk immuunstelsel.
Van der Merwe het verduidelik dat gordelroos deur dieselfde virus as waterpokkies veroorsaak word. Die virus affekteer die senuwee-eindpunte en kan erge pyn veroorsaak.
Hy het gesê die siekte kom dikwels voor wanneer ’n persoon se immuniteit laag is. Virusse soos influensa A en varkgriep kan die immuunstelsel verswak, terwyl stres, spanning en ’n swak dieet ook die risiko verhoog.
Volgens Van der Merwe is die behandeling duur, en gewone oor-die-toonbank pynmiddels is gewoonlik nie doeltreffend nie.
ALSO READ: UPDATE: Missing Bethal man’s body found along R35 to Middelburg
In baie gevalle is skedule 5-senuweewerkende pynmedikasie nodig, wat deur ’n dokter voorgeskryf moet word.
Hy het verder gesê dat ’n gordelroosvaksien reeds geruime tyd nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Kosmos Apteek kontak gereeld verskaffers om vas te stel wanneer die entstof weer beskikbaar sal wees.
As deel van voorkomende gesondheidsorg beveel hy daaglikse vitamien C (500 mg), sink, selenium en ’n goeie multivitamien, soos Centrum, aan.
Die VLU Bethal-tak se volgende vergadering vind op 22 September in die NG Bethal-Oos se kerksaal plaas. Vir meer inligting kan Lynette Posthumus by 072 203 6230 gekontak word.
ALSO READ: Police arrest flying squad sergeant in Secunda for allegedly hijacking a diesel truck



