SchoolsStreeknuus

Dellies se hokkie-bokkies presteer op Noordvaal-toernooi

Dellies se 0/16-span het algeheel derde in die Noordvaal-kompetisie geëindig en daarmee ’n brons medalje verower.

Hoërskool Delmas se hokkiespanne het uitstekend gevaar tydens die Noordvaal-kompetisie.

Die 0/14-dogters het op Donderdag, 28 Julie teen Florida gespeel.

Florida kon geen punte aanteken nie terwyl die span van Delmas sewe doele aangeteken het.

Die 0/14’s het weer op Vrydag, 29 Julie teen die span van Brits te staan gekom, maar het hul wedstryd met 8–3 verloor.

Die span het op Saterdag, 30 Julie teen die Hatfield Christian School skoonskip gemaak en hulle met 6 –1 geklop.

Die 0/14-span het daarna gelykop met twee punte elk teen Hoogenhout in die kwarteindronde geëindig.

Ná ’n agt sekonde-uitspeeltyd het Hoogenhout met 4–0 gewen.

Dellies se 0/14-dogters het vyfde in die Noordvaal-kompetisie geëindig.

Hul 0/16-span het algeheel derde in die Noordvaal-kompetisie geëindig en daarmee ’n bronsmedalje verower.

Dellies se eerstespan het op Donderdag, 28 Julie teen Hatfield Christian School in die stryd getree, maar 3–4 verloor.

Hulle het op Vrydag, 29 Julie gelykop geëindig teen die span van Brits.

Die volgende dag het hulle teen Randburg te staan gekom en hulle met 2–1 geklop.

Dellies se eerstes het algeheel 10de in die Noordvaal-kompetisie geëindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button